Tweede Persiese oorlog

Die Tweede Persies oorlog (480 v.C. tot 479 v.C.) het plaasgevind van tussen die Grieke en die Perse. Die Perse het uit dure ondervinding geleer dat die Grieke nie sommer maklik oorwin word nie. In 492 v.C. het die Persiese koning Darius Griekeland die eerste keer binnegeval. Hy het groot dele van die land verower, maar in die Slag van Marathon het die Atheners onder leiding van Miltiades sy leër verslaan en die Perse moes vlug. Die Perse kon nooit verstaan waarom hulle nie daarin kon slaag om die Grieke van die aarde af weg te vee nie, want Griekeland was nie verenig nie. Dit het uit 'n dosyn of meer onafhanklike stadstate bestaan, wat almal uiters jaloers op hul vryheid en onafhanklikheid was. Wanneer hul gemeenskaplike vryheid egter bedreig is, het die Grieke hul verskille vergeet en hul kragte saamgesnoer om die vyand af te weer. Dit het hulle ook teen die groot leërmagte van die Perse gedoen.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search